Die jolige senior burgers van die Green Lillies het hul jaar verlede maand goed afgesluit by die Saldanha-strandoord.
Die goue oues het hul tyd by die see geniet en sommige was dapper genoeg om voete nat te gaan maak in die water. Volgens die groep was dit ’n goeie samekoms en hulle moedig graag ander bejaardes aan om by hul Vredenburgse klub betrokke te raak en só onder meer ’n gesonde fisieke en sosiale lewe te geniet.
Klublid Welize Dokter het gesorg vir genoeg te eet en te drink. Daar was ook groot opgewondenheid toe Kersvader opgedaag het met sy sak vol presente. Alles te danke aan Sakkie Mentoor wat die rooi Kersvaderpak gedra het.
Theo Burgess word ook hartlik bedank vir sy geskenkpakkies.
Die seniors was onder andere Wilma Jantjies, Veron le Roux, Lidia Lambert, Patricia Mentoor, Ellen Arendse, Rosina Koch, Hendrick Koch, Lea Coetzee, Sanna Mentoor, Jana Mentoor, Willem Fortuin, Maria Afrikaner, Ella Chabedi, Johanna Stokes, Christine Gouws, Francis Saal, Hennie Basson, Jan de Koker, Piet Dokter, Christine Tromp, Katy Williams en George Blaauw.
. Vir meer inligting oor die Green Lillies kontak Sakkie Mentoor by 071 427 6731.





