Kol. Ntombikayise Matyolo op haar laaste dag in die polisie saam met genl.maj. Sizakhele William Dyantyi, die Weskus-polisiedistrik se bevelvoerder, en André Truter, die Saldanhabaai-munisipaliteit se burgemeester.


Vrydag 30 Desember 2022 was kol. Ntombikayise Matyolo se laaste dag in die polisie ná 33 diensjare waarvan sy vir 10 jaar by die Vredenburg-polisiekantoor gestasioneer was. Sy is op 1 Desember 2018 na kolonel bevorder en as bevelvoerder aangestel.

’n Welbekende polisie-offisier in die Weskus-distrik het haar plek op 19 Januarie oorgeneem. Kol. Lindie Marx beskou die aanstelling as stasiebevel­voer­der as ’n welkome uitdaging en benadruk die feit dat sy en haar bestuurspan ’n groot verskil in Vredenburg wil maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article