Die 13-jarige Alexa Hahne (links), ‘n leerder aan die Hoërskool Vredenburg, is onlangs as die vroue-ope-enkelspelkampioen by die Vredenburg- tennisklub gekroon. Glenn Fitchet (regs), ‘n oudleerder van die skool, het die mansafdeling gewen. Die skool sê Hahne se oorwinning in die klubkampioenskap is ‘n regstreekse gevolg van haar onwrikbare toewyding, harde werk en talle ure se oefen op die baan. Die skool en gemeenskap is geweldig trots op dié twee spelers. Dit is hartver- blydend vir die skool om te sien hoe huidige sowel as oudleerders die dorp se naam met hul passie en sportmanskap hoog hou.

HS Vredenburg se tennistrots

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article