’n Judo-kampioen.

Dit is hoe Gert Loubser, voorsitter van Weskus-judo, deur minister Anroux Marais beskryf word.

Die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport het haar stem by vele gevoeg wat Loubser as ’n passievolle sportman beskryf.

Loubser is verlede Dinsdag oorlede.

“Gert was ’n ware voorbeeld van iemand wat aan sport in sy gemeenskap teruggegee het. Hy het hard gewerk om te verseker dat veral kinders kan oefen en aan judo-aktiwiteite kan deelneem. Ons waardeer sy bydraes tot sport in die Weskus-streek,” het Marais luidens ’n verklaring gesê.

Judo SA het ook sy medelye met Loubser se familie en vriende uitgespreek. Volgens dié liggaam sal hy deur baie gemis word.

Dit was egter nie net kollegas in judo wat Loubser vir sy werk geprys het nie, maar ook diegene wat kontak met hom deur sy werk met plaaswerkers en as administrateur gehad het.

Benewens sy passie vir die ontwikkeling van judo was hy ook gretig om meer toernooie op grondvlak asook na die streek te bring, het Marais gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article