Deur paraat en voorbereid te wees, verlaag jy dramaties jou risiko om ’n slagoffer van huisbraak of roof te word.
Eiendomsverwante misdaad en gewapende rooftogte in die Weskus is besig om toe te neem en met die regte inligting kan die publiek hulself teen misdadigers bemagtig en beveilig.
Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die plaaslike polisie-kluster wat onder andere die Vredenburg-, Laaiplek-, St. Helenabaai- en Langebaan-polisiekantore insluit, verskaf die volgende veiligheidswenke namens die polisie: . Die publiek word weer eens gemaan om alles moontlik te doen wanneer hulle met vakansie gaan, of dalk selfs net gou winkels toe gaan, . Ken jou bure en handhaaf goeie verhoudings met hulle, . Weet watter veiligheidsdienste en gemeenskapsgebaseerde misdaadvoorkomingsinisiatiewe in jou gebied beskikbaar is, en weet hoe om hulle te kontak ingeval van nood. . Hou die kontakbesonderhede van die veiligheidsmaatskappye, gemeenskapsgebaseerde wagte, nooddienste en die polisiekantoor geredelik beskikbaar, . Sorg dat jy ’n alternatiewe manier van kommunikasie het indien die telefoonlyne en selfone nie werk nie. . Word deel van die misdaadvoorkomingsprogramme wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die gemeenskap inisieer. . Sorg dat jy goeie verhoudings met al die betrokke rolspelers het, en weet wie om in geval van nood te kontak. . Oorweeg om ’n buurtwag in jou woonbuurt te stig of raak betrokke by die bestaande buurtwag. . Neem deel aan simulasie-oefeninge saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens om die doeltreffendheid van die reaksie op voorvalle te toets.. Handhaaf goeie veiligheidsmaatreëls en -gewoontes tuis, en laat weet jou bure, die buurtwag, die polisie en veiligheidsmaatskappye van enige verdagte gedrag en aktiwiteite in jou omgewing, . Verseker dat alle deure (ook veiligheidshekke en motorhuisdeure), te alle tye gesluit is, en dat vensters toe is wanneer jy binne is of nie tuis is nie. . Hou ’n register by van die besonderhede van almal op die perseel, insluitend werkers, en moenie enige onnodige toegang tot die perseel toelaat nie. . Ontbos gereeld die gebied om jou huis en maak jou erf en alle moontlike wegkruipplekke skoon. Sluit alle gereedskap en implemente toe.. Wees waaksaam en verseker dat almal op die erf, insluitend werkers en besoekers, ook waaksaam is en weet wat om te doen in geval van verdagte optrede of ’n noodsituasie. . Moenie blindelings op enige verdagte aktiwiteite reageer nie – veral nie snags nie.. Moenie ’n groot bedrag geld of waardevolle items op die perseel hou nie. . Verseker dat bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel is indien jy enige produkte van die perseel af verkoop.



