Die Here het haar sowaar gedra.
Die geliefde tannie Helena Blaauw is kort ná haar 101 ste verjaardag oorlede. Gebore in Hopefield op 24 Mei 1921 en die oudste van vier kinders is Blaauw op Vrydag 17 Junie oorlede.
Weslander het verlede jaar berig oor haar 100 ste verjaardagvieringe en die wonderlike vol lewe wat sy gehad het. Blaauw het die geleentheid gebruik om haar 100 ste verjaardag saam met vriende en familie te vier.
Blaauw se familie het verlede jaar aan Weslander vertel dat hulle al die lesse wat sy hulle geleer het, koester en toepas.
Haar kinders beskryf haar as ’n spontane mens wat lief was vir grappies maak.
Haar vriend Johannes Vraagom het destyds Blaauw beskryf as ’n vriendelike, hardwerkende mens wat vir almal ’n voorbeeld is.
Blaauw het die Here waardeer en geglo dat hy haar deurgedra het.
Sy is Saterdag 25 Junie ter ruste gelê.





