Brandweerpersoneel is hier op die toneel van ’n brand wat onlangs drie woonstrukture op ’n erf in George Kerridge, Vredenburg vernietig het.


Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, het die twee voorvalle bevestig en gesê hierdie gebeurtenisse is die ideale geleentheid om weer die kollig op brandgevare te werp, sodat tragedies hierdie feestyd verhoed kan word.

Helfrich maan inwoners om nie kerse, paraffienlampe en konkas in klein ruimtes onbeman te laat brand nie.

Volgens die plaaslike brandweerdiens word die meeste brande deur nalatigheid veroorsaak.

Sigarette, aanstekers, kerse en verwarmingstoestelle kan dodelik wees as dit sonder toesig brand of aangesteek is.

Die stad Kaapstad het die volgende veiligheidswenke vir die brandseisoen uitgereik: . Hou ’n oog op jou paraffienstoof. Moenie dit naby ’n venster met ’n gordyn gebruik nie.. Klein handjies is lief om aan goed te peuter. Maak seker jou stoof kan nie omval as ’n kind daaraan trek nie. Dit kan ’n brand veroorsaak of kinders beseer.. Maak seker dat kerse nie kan omval nie. Moet nooit gaan slaap met ’n kers wat nog brand nie.. Sigaretstompies wat weggegooi word, hou ook ’n brandgevaar in.. Wees bewus van die gevare van onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings, wat ook brande kan veroorsaak.. Hou altyd ’n emmer water byderhand sodat jy vlamme maklik kan blus. . Hou ’n emmer sand in die huis om brande wat deur paraffien veroorsaak is, te blus. . Bou woonhuise ’n veilige afstand (minstens 3 m) uitmekaar om te verhoed dat brande versprei. Maak seker dat hierdie ruimte tussen die huise skoon en oop gehou word.. Leer kinders oor die gevare van ’n vuur. . Hou te alle tye paaie en toegang tot woonplekke oop.. Moenie paaie met besittings blokkeer as daar ’n brand is nie.. Probeer om uit die pad van lede van die brandweerdiens te bly sodat jy hulle nie verhinder om hul werk te doen nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article