Brandweermanne van die Saldanhabaai-munisipaliteit spook om die vlamme by ’n brandende houthuisie agter op ’n erf in Derdestraat, Louwville, te blus. Die huisie het Sondagoggend net voor 09:00 aan die brand geslaan en die rook kon kilometers ver gesien word. Omstanders beweer dat dit gedurende ’n rusie tussen ’n paartjie aan die brand gesteek is. Teen druktyd is daar nog nie ’n klagte van brandstigting by die Vredenburg-polisie ingedien nie. Jason Standers, ’n buurman, het die rook gesien en geskree dat mense die brandweer moet bel. Hy het oor die tuinmuur gespring, die tuinslang gegryp en die vlamme met ’n dun tuinslang probeer blus. Sy onmiddellike optrede het waarskynlik daartoe bygedra dat die vlamme nie na ’n nabye boom en die huis op die erf versprei het nie. Omstanders het eenkant toe geduik toe ’n pyp van die brandweertoerusting op die brandvoertuig weens hoë druk met ’n harde geluid stukkend gebars het. Niemand is in die voorval beseer nie.Foto: Alida Buckle


Vlamme ver gesien

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article