Foelie-pakkies is maklik en vinnig en kan in die oond, op die rooster of oor ’n vuur gemaak word, wat beteken beurtkrag is nie ’n probleem wanneer dit by kosmaak kom nie.

Bestanddele

500 g beesvleis, gemaal

2 groot aartappels, gesny

1 groot ui, in skywe gesny

2 groot wortels, in skywe gesny

½ teelepel sout

Peper of ander geurmiddels na smaak

Metode

Verhit die oond vooraf tot 150 °C.

Meng ½ teelepel sout in beesvleis. Maak vier plat vleiskoekies, so groot soos die palm van jou hand.

Plaas die vleiskoekies in foelie en bedek met die groente.

Voeg sout, peper en jou keuse van speserye by.

Vou die koekies toe in die foelie en maak seker dit is goed verseël en plaas op ’n bakplaat.

Bak vir 1 uur of tot gaar.

Haal foeliepakkies versigtig van die hitte af en prik foelie om die stoom vry te laat. Laat foeliepakkies afkoel vir ’n paar minute voordat dit oopgemaak word.

Maak seker vleis is deeglik gaar en sit voor. . Die foeliepakkies kan in ’n rooster gemaak word. Maak net seker jy sit ’n snytjie brood by die pakkie sodat die vleis en groente nie brand of aan die foelie kleef nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article