Steynville Sekondêr se modelle: Jenecka Arries, Donay Links, Kiechaan Smith en Chevonté Petro.

Plaaslike modelle het hul dorpe in die World South Africa Pageant-kompetisie met trots verteenwoordig.

Vier belowende jong modelle van Steynville Sekondêr het onlangs hul dorpe – Piketberg en Eendekuil – met grasie en trots by die gesogte World South Africa Pageant, wat Saterdag 26 Julie in Johannesburg plaasgevind het, verteenwoordig.

Janecka Arries, die huidige Mejuffrou Tiener Piketberg 2025 én Mejuffrou Steynville Sekondêr 2025, saam met Chevonté Owies en Donay Links, het aan die Miss Teen World South Africa-afdeling deelgeneem.

Kiechaan Smith, die huidige Mejuffrou Piketberg 2025 en ‘n trotse oudleerder van Steynville Sekondêr, het indruk gemaak in die Miss International South Africa-afdeling.

Onder leiding van hul afrigter Joshua Andries, direkteur van die Mejuffrou- en Mevrou-Piketberg-kompetisie en saam met die mededirekteure Katrina Saaiman, Victor le Roux en Mishaan Strauss, het hierdie modelle hulself en hul gemeenskappe met waardigheid en styl verteenwoordig.

Ouers het saamgereis en die groep trots ondersteun.

Al het hulle nie met pryse huis toe gekom nie, was die ervaring kosbaar. “Hulle het gewys dat drome moontlik is – selfs uit klein dorpe – en dat jy enigiets kan bereik as jy in jouself glo,” het Andries gesê.

Steynville Sekondêr is ongelooflik trots op hierdie vier leerders wat met hul deelname ‘n voorbeeld stel en aan hul medeleerders hoop bring.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article