Hierdie vermoedelik gesteelde dieselkanne is in die besit van vier mans gevind.


Vier mans wat glo dieselkanne op ’n kruiwa in die Elandsbaai-omgewing gestoot het, het ooggetuies onraad laat vermoed.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het die plaaslike polisie inligting ontvang van hierdie verdagte aktiwiteit en gaan ondersoek instel.

Vier mans tussen die ouderdom van 30 en 37 jaar is in hegtenis geneem nadat hulle met vermoedelik gesteelde diesel in hul besit betrap is.

Helfrich sê die diesel is vermoedelik tussen 27 en 28 Januarie tydens beurtkrag op ’n plaas in die omgewing gesteel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article