Die eindstryd van Weskus Rolbal se veterane-liga is onlangs by Langebaan Country Estate (LCE) se bane gespeel.
Dit was die eerste keer dat 60 spelers van verskillende plaaslike rolbalklubs by een klub aan die Weskus gespeel het. Die liga word al vir meer as 13 jaar gespeel.
Die liga is gewild en dit is die eerste keer dat 10 spanne deelgeneem het.
’n Span bestaan uit ses spelers.
Die 10 spanne het in twee afdelings deelgeneem en die wenners van die afdeling en die wenners van die tweede afdeling het uitgespeel vir eerste en tweede plek.
Albei spanne van LCE het hul seksie gewen.
Weskus-rolbal het ’n nuwe borg gekry vir die liga, naamlik Suzuki.
Aangesien die liga so gewild is, word 12 spanne vir 2023 beplan.





