Wenspan: Trevor en Gillian McCalgan, Floris Venter, Ernst Hugo van Suzuki, Leon Beer, Carl van Eck, Leon Meyer, president van Weskus-rolbal, en Pam Beer.


Die rolbal-veterane het Donderdag 7 Desember in hul eindstryd meegeding om die streek se top-span aan te wys.

Die Weskus-rolbal Suzuki-veteraneliga is by die Langebaan Country Estate (LCE) se rolbalklub gespeel. Hier het 12 spanne deelgeneem, die meeste nog. Dit was ook die eerste jaar dat Suzuki die liga geborg het.

Die liga is oor ses Donderdae beslis met die 12 spanne wat in afdelings meegeding het. Vanjaar se wenners was van die gasheerklub en die LCE-rolbalklub se A-span het gewen. Dié span is Trevor en Gillian McCalgan, Floris Venter, Leon Beer, Carl van Eck en Pam Beer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article