Die gaspistool waarmee twee rowers sigarette probeer steel het.Foto: SAPD


’n Ethiopiese burger het Saterdagmiddag 28 Oktober omstreeks 13:15 tydens ’n struweling met ’n sigaret-rower in St. Marksstraat daarin geslaag om die rower se vuurwapen af te vat en eenkant toe te gooi.

Die rower het aanvanklik die vuurwapen teen die slagoffer se kop gehou en sigarette geëis, sê kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder.

’n Tweede verdagte het egter te voorskyn gekom, die vuurwapen opgeraap en saam met die ander rower van die toneel gevlug.

Die slagoffer het onmiddellik die polisie gebel. Die twee verdagtes, Denver Fortuin (39) en David van der Merwe (38), is in hegtenis geneem nadat die vuurwapen, ’n gaspistool, in hul besit gekry is.

Fortuin en Van der Merwe het Maandag 30 Oktober in die Clanwilliam-landdroshof verskyn op ’n aanklag van gewapende roof.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article