Beurtkrag, skelms en die selfs botsings het alles ’n uitwerking op verkeersligte in die gebied.

Motoriste en padgebruikers in Vredenburg moet op hul hoede wees tydens kragonderbrekings – veral by besige aansluitings, soos dié by Hoofstraat en Saldanhaweg.

Volgens die Saldanhabaai-munisipaliteit was die verkeersligte onlangs buite werking weens onderdele wat weens beurtkrag onklaar geraak het. “Die alledaagse werking van verkeersligte in Hoofstraat in Vredenburg word direk deur beurtkrag geraak, asook die uitwering daarvan op die verskillende onderdele van elke verkeerslig,” het Ethne Lawrence, ’n woordvoerder vir die munisipaliteit, verduidelik.

Sy het gesê misdrywe soos vandalisme en kabeldiefstal tydens beurtkrag vererger dinge.

Tydelike herstelwerk is Dinsdag by die Hoofstraat/Saldanhaweg-kruising gedoen terwyl onderdele afgewag word.

“Die verkeersligte by hierdie spesifieke aansluiting kan nou nie tydens beurtkrag wek nie. Die publiek word gemaan om alle kruisings en aansluitings, waar en wanneer verkeersligstelsels buite werking is, as ’n vierrigtingstop te hanteer.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article