Met die visbedryf steeds die grootste primêre werkskepper in die Saldanhabaai-munisipaliteit, is die werk op vistreilers ’n gegewe vir honderde Weskus-mans. Hul vroue, kinders, ouers en grootouers kan maar net bid vir hul veilige tuiskoms. Elke keer as ’n storm opsteek, sit die geliefdes en wonder hoe die weer op see lyk; sit en wag hulle vir ’n WhatsApp-boodskap dat dit nog goed gaan. Om soos Meagan Fransman die boodskap te kry dat die ondenkbare met jou geliefde gebeur het, is ’n vrees waarmee elkeen met ’n geliefde op ’n skuit saamleef, elke dag – vir vis op ons tafels.
Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?



