’n Man wat ’n verdagte tassie by hom gehad het, is Saterdag in Vredenburg deursoek.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, kon die man geen geloofwaardige verduideliking verskaf toe hy gevra is waar hy dié mikroskoop wat in die tassie weggesluit was, gekry het nie.
Die man, Chalvon Wayne Morrison (52), is Saterdag 4 Februarie om 17:00 vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die hof verskyn. Volgens Helfrich het Morrison al voorheen ook met die gereg gebots.
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help word gevra om die polisiekantoor te skakel.




