Noluvu Ludidi

Die verdagte in die moord op Gerswin Rabie (17) het verlede Vrydag (25 April) in die Vredenburg-landdroshof

verskyn, waarna die beskuldigde, Shurief van der Merwe (18), op waarskuwing vrygelaat is. Die saak is tot Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

Van der Merwe het Dinsdag 22 April ná ‘n steekvoorval op Sondag 20 April, waarin Gerswin noodlottig gewond is, die eerste keer op aanklag van moord in die hof verskyn.

Die voorval het blykbaar plaasgevind ná ‘n partytjie wat Gerswin en sy aanvaller bygewoon het.

Soos sy ma, Rolien Vermeulen, vroeër aan Weslander verduidelik het, het haar seun ‘n mondigwordings-

partytjie bygewoon, waar hy nie gemaklik was met die manier waarop sy vermeende aanvaller met een van die gaste by die partytjie gepraat het nie, (“Ma se vrees oor seun word waar”, Weslander, Donderdag 24 April).

Vermeulen het haar seun as ‘n grapperige mens beskryf – iemand wat lief was vir mense en altyd netjies was. Hy het groot planne vir sy toekoms gehad, maar dit is in ‘n oogwink kortgeknip.

Vermeulen sê sy moet in hierdie moeilike tyd ter wille van haar [ander] kinders sterk wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article