Veerpyltjiespelers in Velddrif het onlangs behoorlik naam gemaak en nooi nou ander spelers om by hulle aan te sluit.

Velddrif se veerpyltjie-unie is in 2019 gestig, maar weens die pandemie kom die unie nou eers goed op die been. Spelers het onlangs (tussen 4 en 8 Julie) aan die SA veerpyltjie-kampioenskap in Johannesburg deelgeneem. Twee Weskussers is as die beste mans- en vrouespelers aangewys. Warrick Scheaffer en Vossie Oosthuizen het ook hul Protea-kleure verwerf en sal volgende jaar aan die Wêreldbeker-veerpyltjie-kampioenskap deelneem. Dié geleentheid vind in Denemarke plaas.

Volgens Jean-Pierre Louw, sekretaris van die Velddrif-unie, is die onlangse prestasies veral merkwaardig aangesien die unie 600 spelers groot is.

Mekeila de Lange het op haar beurt ook die Weskus-span in die junior afdeling verteenwoordig en goud gewen.. Belangstellendes kan Louw by jp.louw@hotmail.com kontak of by 064 509 7615 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article