Renescke van Heerden (speler), Yves Blaauw (voorsitter), Melissa Smit (speler/afrigter), Bjorn Harmse (borg), Verushka Tandy (spanbestuurder) en Caylinne Ambrosini (vroue-verteenwoordiger in die bestuur).


Die Velddrif-krieketklub se vroue het Saterdag 9 September hul nuwe speeldrag in ontvangs geneem.

Die borgskap is moontlik gemaak deur Bjorn Harmse van Hassan Harmse-prokureurs in Bellville.

Danksy die nuwe skenking het die vrouespelers nuwe hemde en broeke waarin hulle hul dorp deftig kan verteenwoordig.

Enige belangstellendes wat nuwe lede wil word, kan steeds deelneem en is welkom om aan te sluit.

Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae van 17:30 tot 19:30 by Smitpark-sportterrein, Velddrif.

Ondernemings wat ook by die klub betrokke wil raak, kan William Snyders by 073 023 2285 of per e-pos by velddrifcricket97@gmail.com kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article