Toeskouers verwelkom swemmers wat die jaarlikse Velddrif-myl en 3-km-swem aangedurf het terug by die eindpunt in Port Owen. Foto’s: Maryke Swart


Swemmers van die Weskus het Saterdag die jaarlikse Velddrif-myl en drie-kilometer-swem in Port Owen aangepak.

Benewens die swem het ander deelnemers ook ’n pretloop kafgedraf.

Swemmers het in bont kleure met alles van rubbereendjies tot seekatte opgedaag. Die Salty Ducks is die tweede agtereenvolgende jaar as die “best dressed”-swemmers aangewys.

Die eerste swemmers wat die 500 m-swem voltooi het, was:

1. Hendrik Botha (08:14), 2. Beniece Mouton (09:16), 3. Dian Visagie (9:22), 4. Hannah van Heerden (9:37) en 5. Petronel le Roux-Burger (10:00).

Die vyf voorste swemmers wat die myl-swem in duikpakke voltooi het, was: Jessica Ann Carter (26:20:43), Fallon van Zittert (27:33:94), Jean Pretorius (28:1291), Bertus Camper (29:34:40) en Wilhelm Vogts (30:21:31).

Chané Grobbelaar (27:26:48) was die eerste swemmer wat die myl sonder ’n duikpak voltooi het en die res van die topvyf was: 2. Charles Human (28:32:19), 3. Jani Visagie (28:51), 4. Hennie Pretorius (29:14:48) en 5. Greta Allen (32:56:78).

In die 3-km-swem was Hannah Neilson (18) die eerste swemmer in die jeugafdeling oor die wenstreep en Christian van Heerden (12) op sy beurt die eerste swemmer met ’n duikpak.

In dieselfde item was Matthew Page (40:55:73) en Ewald van Heerden (in duikpak) die wenners van die 21-50 jaar- afdeling. Anneke Boshoff (44:57:51) het die swem sonder ’n duikpak aangedurf en was eerste in die veteraan-afdeling. Robert Herreveld (42:40:23) wat in ’n duikpak was, het eerste in dié afdeling geëindig.

“ ’n Hartlike dank aan ons hoofborg, Smitson Engineering CC, wat dit moontlik gemaak het, en aan al ons ander vennote en borge – ons salueer julle. Dit was ’n fantastiese dag en dit is altyd ’n plesier om saam met julle te werk. Ons sien julle weer in November 2024!” het die organiseerders gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article