Die drie groot pryswenners op die aand was, van links, Devon Bester, Melissa Smit en Morné Mostert.


Velddrif-krieketklub het op Vrydag 3 Mei sy jaarlikse bekeruitdeling by die De Brug-restaurant in Velddrif gehou. Die groot wenners by die geleentheid was: Devon Bester wat weggestap het as Sportman van die Seisoen, asook spelers se speler van die seisoen, kolwer én bouler van die seisoen, beste alomspeler, met die meeste lopies en die meeste paaltjies in die 50-boulbeurt-liga.

Melissa Smit is op haar beurt bekroon as die Beste Vrouespeler van die Seisoen en ook die spelers se speler van die seisoen.

Morné Mostert was die Speler van die Seisoen en ook beste 50- boulbeurt-speler vir die seisoen.

Die klub het tweede geëindig in die 50-boulbeurte- Weskus- 1ste-ligakompetisie en het ook vir die eerste keer in die klub se geskiedenis ’n vrouespan in die Boland-krieket-vroueliga gehad wat deelgeneem het.

Die klub bedank graag sy borge en vennote wat hom deur die seisoen gedra het.

Borge sluit in die departement van kultuursake en sport (Vredenburg-streekkantoor), Zeevas Cleaning and Supplies, McGregor Elektries, MMI Sport, die Velddrif-sportraad en Bergrivier-munisipaliteit.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article