Die Velddrif-krieketklub het Saterdag (22 Februarie) die Weskus-Eersteliga se T-20-kampioen geword nadat hy die span van die Vineyards-krieketklub in Vredendal geklop het. Velddrif se kaptein, Duncan Blaauw, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Velddrif het 121/6 in 20 beurte aangeteken. Die veteraan van die span, Alexander Julius, wat ook as speler van die wedstryd aangewys is, het 58 aangeteken en Devon Bester 38 nie uit nie. Die beste boulers was Melvyn Jackson 3/17 en Thinus Koekemoer 2/18. Vineyards het 115 vir die verlies van agt paaltjies gehaal. Velddrif het dus die wedstryd met ses lopies gewen.


Velddrif-krieketklub net-net Weskus se T-20-kampioen

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article