Die tweede Weskus-kuierkonsert vind Saterdag 1 April by die Laaiplek-hotel in Velddrif plaas.

Maak seker jy trek jou dansskoene aan, want die hoofmusiekkunstenaar vir die dag is die bekende Afrikaanse sanger Rikus Nel en sy orkes. Ander wat ook vermaak sal verskaf, is Wouter van der Venter, oom Karolus en Lente en meer.

Kaartjies kos R175 vir volwassenes, R70 vir hoërskoolleerders, R40 vir laerskoolleerders en is gratis vir voorskoolse kinders. Kaartjies word by Laaiplek Spar en Velddrif OK Foods verkoop, of skakel 071 501 7460.

Hier is jou kans om te wen:. Drie laerskoolleerders staan die kans om elk ’n dubbelkaartjie te wen. SMS jou naam, van en die woord “EEN” na 33673.. Drie hoërskoolleerders staan die kans om elk ’n dubbelkaartjie te wen. SMS jou naam, van en die woord “TWEE” na 33673.. Drie volwassenes staan ook die kans om elk ’n dubbelkaartjie te wen. SMS jou naam, van en die woord “DRIE” na 33673.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article