Die Velddrif-dieresorg het Donderdag 27 Oktober ’n suksesvolle sterilisasiedag gehou. Altesaam 21 honde, waarvan die meerderheid tefies was, is gesteriliseer. Die oogmerk van hierdie dag was om deur sterilisasie siektes te bekamp, mishandeling te voorkom en ongewenste dragtigheid te verhoed. Velddrif-dieresorg wil graag die Noordhoek-gemeenskap vir hul samewerking ten opsigte van die sterilisasie bedank. Hulle bedank ook Wetstoepassing vir watervoorsiening en hul veiligheidsdiens. “Ons wil ook ons dank uitspreek teenoor die borge, sonder wie se hulp hierdie dag nie moontlik sou wees nie. Ons bedank ook Tony Ayreton, Lisa Carmichael, Tarryn Cussens, Khoisan Salt, Weskus Hardeware, Sharon Hart en Russell en Susan Foster, West Coast CVC, dr. Marthinus Jacobs en Roslyne Varosini.”


Velddrif-dieresorg help troeteldiere in die gemeenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article