Ongelukke gebeur so gou.
Talle kinders is al op hul fietse deur voertuie raakgery. Sommige van hulle is ernstig beseer, terwyl ander hul lewe verloor het.
Des Paton, die provinsiale verkeershoof aan die Weskus, doen ’n beroep op ouers om seker te maak hul kinders ken die padreëls wanneer hulle gaan fietsry en is bewus van die gevaar.
Wenke:
. Dra altyd ’n valhelm.Maak seker jou fiets het reflektors.. Dra helder of reflekterende klere wanneer jy fiets ry sodat motoriste jou in die donker of in mistige weersomstandighede kan sien.. ’n Fiets is gemaak vir een ryer. Moet nooit iemand saam met jou op jou fiets vervoer nie.. Motoriste moet oplettend vir fietsryers wees en ’n afstand van 1,5 m van die fietsryer hou wanneer hy of sy met ’n motor verby ry.





