Manie November (57) het verlede Donderdag in die Malmesbury-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms nadat inligting ontvang is dat hy dwelms uit sy huis in Gousblomstraat, Wesbank, verkoop. Met die polisie se aankoms Woensdagoggend by dié huis het November ’n? swartsak in sy hand gehad. Toe hy die polisie gewaar, het hy die sak oor die heining gegooi. In die sak was Mandrax-tablette van 378,34 g, 230 heel, drie kwartstukke en drie halwes, sowel as tik, wat 47,69 g weeg.Foto: SAPD


Vas oor dwelms

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article