Wie gaan opdok?

’n Potensieel gevaarlike oop mangat by die hek van die Louwville-sportterrein is ’n gevaar vir motoriste asook vir die publiek wat daardie pad en ingang gebruik.

Die mangat kan ’n beenbreek of groot skade aan ’n as van ’n wiel veroorsaak en kan ook dodelik wees veral met die diefstal van elektriese kabels van straatligte wat weer veroorsaak dat die strate donker is. Dit is tans die situasie wat in ons woonbuurte heers weens vandalisering van mangate en diefstal van straatligte. Wie sal dit kan stop? Wie gaan opdok as daar ’n eis ingestel word?

Kom ons wees die oë en ore van die munisipaliteit. Dis dalk net ’n druppel aan die emmer, maar die misdaad kan ook voorkom word deur dit aan te meld. In hierdie geval het ek dit op 20 Januarie gerapporteer aangesien ek baie bekommerd is oor die jong kinders wat elke dag daar speel en oefen en nie kyk waar hulle hardloop nie.


Sakkie Mentoor,

louwville

Saldanhabaai-munisipaliteit reageer: Die klagte is Donderdag 20 Januarie 2022 van die wyksraadslid, raadslid Michael Schaffers, ontvang. Saldanhabaai-munisipaliteit het onmiddellik gereageer en die “gully grid” vervang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article