Dis moeilik om sien waarom hierdie ’n vervalste R100-noot is. Let daarop dat die beeld effens skeef op die papier gedruk is.


Die plaaslike polisie waarsku dat vervalste R100-note tans aan die Weskus in omloop is.

Volgens kapt. Tania Helfrich is die vervalsing moeilik om uit te ken omdat die vervalste geld soos die ware Jakob lyk en voel.

Die enigste opmerkbare verskil tussen hierdie soort vervalste note en regte geld is die feit dat die vervalste geld effens skeef op die papier gedruk is.

“Sit die geld op ’n plat oppervlak neer en bekyk dit van ’n afstand af,” stel Helfrich voor.

Meld vermoedelik vervalste geld by jou naaste polisiekantoor aan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article