Die Saldanhabaai-inwoner Laila Bester het haar tweede vakansieklub tydens die feestyd gehou. Die vakansieklub het Vrydag 16 Desember en Saterdag 17 Desember plaasgevind. Bester sê die doel van die vakansieklub is om kinders tydens die skoolvakansie besig te hou en sê dit is altyd lekker om die glimlagte op die kinders se gesigte te sien. Daar is ’n Kersete gegee, ’n talentkompetisie gehou en ook ander pretaktiwiteite vir die kinders aangebied. Bester glo dat Kersfees ’n tyd is van gee sonder om iets terug te verwag. Sy wil elke persoon bedank vir hul bydrae om die dag moontlik te kon maak.


Vakansieklub hou die jongspan besig

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article