Twee van Langebaan Primêr se bobaasatlete het onlangs in hul onderskeie rugby- en netbalproewe uitgeblink. Lee-Ann Warnick is opgeneem in die Weskus o.11-netbalspan wat aan die Interdistriktoernooi van 4 tot 7 Julie in Wellington deelneem. Howard Ocks is op sy beurt vir die o.13-Boland-Cravenweekspan as losskakel gekies. Hy gaan van 23 tot 29 Junie in Witrivier in Mpumalanga aan die toernooi deelneem. Enige weldoeners wat die twee finansieel wil ondersteun, kan die skoolhoof, M.L. Davids, by 022 772 2860 bel.Foto:


Uitblinkers moet ver reis

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article