Die verwronge dakkappe van staal nadat dit op werkers geval het.


“En toe val die dakkappe soos domino’s om!”

In ’n neutedop is dit wat Dinsdag 14 Maart op ’n bouperseel in Velddrif gebeur het.

Twee werkers is beseer nadat dakkappe van staal op hulle geval het toe hulle ’n dak opgerig het.

Volgens Elowayne Gouws van West Coast Medical Rescue is albei beseerdes deur West Coast Medical Rescue en Metro EMS na die hospitaal geneem.

Gouws sê albei is gestabiliseer deur gevorderde lewensondersteuningsorg op hulle toe te pas voor hulle van die toneel af vervoer is.

Die boukontrakteur het aan Weslander gesê ’n subkontrakteur was besig om die dak op te rig, maar die dakkappe wat reeds op die mure gestaan het, was glo nie goed geanker nie en het toe op twee van die werkers omgetuimel.

“Die een het onder meer sy been gebreek en die ander een het ’n sny aan sy kop,” het die kontrakteur verduidelik.

“Dis sulke goed wat mens slapelose nagte gee,” het hy toegegee.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article