Verlede Saterdagaand (19 Augustus) is twee gewoontemisdadigers in Saldanha en Vredenburg in hegtenis geneem weens onwettige handel in en besit van dwelms.

’n Inwoner (53) van Geelbekstraat, White City, is in hegtenis geneem en sal op 14 Februarie 2024 in die Vredenburg-landdroshof verskyn, het kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisie, gesê. Die verdagte is in 2022 twee keer in Riversdal vir dieselfde misdaad aangekeer.

Op Vredenburg is ’n 24-jarige gewoontemisdadiger, wat al verskeie kere vir die besit van en handel in onwettige dwelms in hegtenis geneem is, dieselfde aand in ’n oop stuk veld langs Kooitjieskloofstraat in hegtenis geneem vir dieselfde oortreding.

Hy verskyn eersdaags in die Vredenburg-landdroshof.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article