Van die ondermaatse kreef wat by die Midwest-woonwapark gekry is.Foto: Verskaf


’n Vermeende kreefsmokkelaar wat na bewering al jare met dié onwettige buitemuurse aktiwiteit bedrywig is, en sy vermeende medepligtige, is onlangs by die Midwest-woonwapark in St. Helenabaai vasgetrek.

Jean-Pierre “Ollie” van Dyk (40) is op 22 November op verskeie aanklagte van die onwettige handel in kreef in hegtenis geneem. Heinrich Benjamin is saam met Van Dyk in hegtenis geneem.

Daar is beslag gelê op 48 ondermaatse krewe en 41 ondermaatse kreefsterte, 23 krewe en 21 kreefsterte, en 12 sterte van eierdraende wyfiekrewe.

Amptelik open die wettige Weskus-kreefseisoen eers op Maandag 16 Desember (lees die berig op bl. 3).

Verskeie sake teen Van Dyk is al deur die jare teruggetrek tot die gemeenskap van St. Helenabaai se argwaan.

Die twee mans het op 25 November die eerste keer in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Die saak is toe tot Dinsdag 10 Desember uitgestel. Die uitslag van die hofverskyning was teen druktyd nog nie bekend nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article