Twee jong mans van onderskeidelik 16 en 18 jaar oud is Maandag 31 Julie weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het beamptes van die Lutzville-polisie die verdagtes aangekeer nadat inligting ontvang is dat die twee ’n vuurwapen en ammunisie het, waarvoor hulle nie ’n lisensie het nie. Hulle het Woensdag 2 Augustus in die Vredendal-landdroshof verskyn. Die minderjarige se naam mag nie gepubliseer word nie.





