Wyle Rensie Lourens.


Twee mense is Sondag (18 Junie) in ’n grubotsing tussen drie motors by een van die ingange na Hopefield dood.

’n Verpletterde Karen Rabe sê sy gaan haar suster Rensie Lourens se hele menswees mis.

Lourens, ’n inwoner van Velddrif, is een van die twee oorledenes wat Sondag in die gru-botsing op die R45-Hopefield-pad gesterf het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, was drie voertuie in die botsing betrokke. Die botsing het omstreeks 16:25 gebeur.

Helfrich sê volgens ’n ooggetuie het ’n 24-jarige bestuurder in ’n wit Hyundai van Vredenburg se rigting af gery en wou regs draai in Kerkstraat, die tweede afrit na Hopefield, toe ’n grys Etios van agter in die Hyundai vasgery het. “ ’n Groen Datsun het van Malmesbury se rigting af gekom en weens die slag wat die Etios die Hyundai getref het, het die Hyundai die Datsun getref.”

Helfrich bevestig die Datsun se bestuurder (die 56-jarige Lourens) en die 24-jarige bestuurder van die Hyundai is op die toneel dood.

Volgens Helfrich het die Etios se bestuurder en ’n vierjarige seuntjie wat in die Datsun gery het, beserings opgedoen.

Rabe het aan Weslander gesê die nuus was ’n groot skok. “Rensie se deur was altyd oop en sy was altyd gewillig om enigiemand te help. Sy was oor die algemeen net ’n goeie mens.”

Lees meer in hierdie week se Weslander, wat Donderdag (22 Junie) verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article