Super-rysBestanddele1 teelepel groente-olie1 ui, fyngekap100 g knopiesampioene, in skywe gesny150 g wit rys300 ml groente- of hoenderaftreksel75 g bevrore ertjies100 g babasuikermielies, in skywe gesny1 teelepel kerriepoeier1 tamatie, gekap
Metode
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui vir 2 tot 3 minute, voeg dan die sampioene by en kook vir ’n verdere 2 minute.
Roer die rys by en voeg dan aftreksel, ertjies, babasuikermielies en kerriepoeier by. Roer goed deur.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir sowat 15 tot 20 minute tot die rys sag is, voeg nog water by indien nodig.
Sit die rys voor in bakkies en sprinkel die tamatie bo-oor.
Sampioen-risottoBestanddele1 teelepel kookolie5 sprietuie300 g risotto-rys1 knoffelhuisie, geskil en fyngedruk3 handevol koppie- of knopiesampioene in skywe gesny900 ml groenteaftreksel75 g bevrore ertjies, ontvries1 knippie gemaalde swartpeperMetode
Verhit kookolie in braaipan of kastrol en kook die sprietuie vir ’n paar sekondes oor medium-hoë hitte. Draai die hitte af, voeg dan die rys by en braai oor lae hitte vir ’n minuut.
Hou aan roer, tot dit blink maar nie bruin lyk nie.
Voeg die knoffel en sampioene by en kook vir ’n minuut tot knoffel geurig is.
Voeg die helfte van die warm aftreksel by en roer goed.
Kook oor medium hitte vir 20 tot 25 minute, roer gereeld en voeg die oorblywende aftreksel stadig bietjie op ’n slag by totdat die rys al die vloeistof opgesuig het.
Maak seker rys het sag gekook – dit moet ’n romerige tekstuur hê. As dit langer moet kook, voeg ’n bietjie warm water by.
Voeg die ertjies by, roer liggies om dit in te meng. Kook vir nog ’n paar minute.





