Nickaylin van Wyk en Jason van Rooyen, albei atlete van Steynville Sekondêr, het Vrydag 15 en Saterdag 16 Maart aan die Wes-Kaapse Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Nickaylin is die heel eerste atleet van die skool wat aan die 5 000 m-item deelgeneem het, en het die eerste plek behaal. Jason het die vierde plek in die 100 m behaal en die tweede plek in die 200 m. Albei neem deel aan die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms wat gister (Woensdag 3 April) begin het en tot Saterdag 6 April duur.


Twee atlete styg uit

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article