Bestanddele:
500g pakkie penne-pasta
1 eetlepel knoffel
2 uie, gekap
1 groen soetrissie
3 wortels, in blokkies gesny
2 medium murgpampoentjies, in skywe
2 selderybossies, in blokkies gesny
1 teelepel gedroogde gemengde speserye
2 eetlepels tamatiepasta
2 blikkies heel geskilde tamaties
425g geblikte tuna
1 koppie bevrore mielies
kanola of olyfolie om oondbak te smeer
1½ koppies gerasperde kaas
Metode:
Verhit die oond vooraf tot 180 °C.
Maak pasta gaar volgens die aanwysings op die pakkie.
Braai die knoffel en vars groente in ’n groot pan saam tot sag maar steeds ferm. Meng dan die speserye, tamatiepasta en blik tamaties in. Prut saam oor lae hitte vir 2 minute.
Voeg dan die tuna (gedreineer) en mielies en gedreineerde gaar pasta by die mengsel.
Meng deeglik. Giet in ’n oondbak wat gesmeer is en bedek met die gerasperde kaas.
Bak in die oond tot die kaas smelt en goudbruin is.
Sit voor met ’n groenslaai.





