Die skaakspelers van St. Helenabaai Primêr het in Junie aan die Weskus-topskole se skaakkompetisie, wat by die Hoërskool Weston plaasgevind het, deelgeneem. Die skool se ope- o.9-span asook hul o.9-meisiespan het na die Weskus-topskole deurgedring. Die o.13A- en -B-spanne is onderskeidelik as kampioen en naaswenners gekroon en het na die Weskus-kampioenskap, wat Saterdag 23 Julie in Vanrhynsdorp begin, deurgedring. Hopelik haal die spanne die Wes-Kaap-topskole-kampioenskap wat vanjaar in Saldanhabaai gaan afspeel. Die o.13A-skaakspan bestaan uit Liam Schroeder, Quinwin Arendse, Jada Sauls, Kyle Don en Phillip Duiker. (Afwesig: Christopher Visagie).


Trots op al die regte skuiwe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article