Die Bergrivier- plaaslike sokkervereniging het Sondag 9 Julie ’n o.13- en ’n o.15-juniorliga-sokkereindstryd in Velddrif gehou. Die o.13’s, die Young Chiefs FC van Velddrif, het teen die Piketberg Spurs FC gespeel. Die Young Chiefs het die wedstryd 4-0 gewen en is as die o.13- juniorliga-wenners gekroon. Die o.15- Atlantic Rovers FC van Velddrif het teen Piketberg United FC gespeel en die wedstryd ook 4-0 gewen. Atlantic Rovers FC is as die o.15-juniorliga-wenners gekroon. Links staan die o.13- Young Chiefs-span trots met hul trofee en die o.15- Atlantic Rovers met hul trofee (regs).


Trofeewenners van twee sokkerligas aangewys

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article