Kiesers sal vanjaar mooi moet kophou, want hulle sal drie stembriewe kry.
Die eerste stembrief sal wees om ’n party of onafhanklike kandidaat vir die Nasionale Vergadering te verkies. Hierdie stembrief is uniek aan elke provinsie, aangesien dit op ’n streek gebaseer is en dié verteenwoordiger die belange van jou provinsie sal behartig.
Die tweede stembrief sal vir partye vir die nasionale vergadering wees. Hierdie sal bepaal hoeveel setels ’n party in die Nasionale Vergadering het.
Laastens is die derde stembrief vir die verkiesing van kandidate vir die provinsiale wetgewer.
Kontak jou naaste OVK-kantoor met enige navrae:. Saldanhabaai – Skoolstraat 19B, Vredenburg, 022 713 2817 of 086 626 1966;. Swartland – Bokomostraat 20, Malmesbury, 022 482 4179 of 086 638 3617;. Matzikama – Van Riebeecklaan 28, Vredendal, 027 213 4216 of 086 624 4276;. Cederberg – Voortrekkerstraat 59, Citrusdal, 022 921 3546 of 086 575 0237.





