Saldanha Tigers het Saterdag (15 Februarie) in ’n vriendskaplike wedstryd op Diazpark besoek van die Steenberg’s Cove-rugbyklub ontvang.

Die Tiere het gegrom en tande gewys en bewys hulle is stadig maar seker besig om reg te kom vir die ligawedstryde wat Saterdag 8 Maart begin.

Die Tiere het die manne van die Cove met 38 punte (ses drieë) teenoor 26 (vier drieë) geklop.

Die Saldanha Tigers se B-span het Steenberg’s Cove se B’s 21-13 geklop.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article