Toe Boland Krieket sy seuns- en meisieskole-spanne op 30 November aangekondig het, was die verwagtinge groot, maar die keurders het nie besef dat die spanne bo alle verwagtinge sou vaar nie.

Die o.16- en o.17-spanne het die nasionale weke goed begin en na die halfeindrondes deurgedring. Ongelukkig het die o.16-meisies teen Limpopo vasgeval en nie vir promosie-relegasie gekwalifiseer nie, maar die o.17-seuns het die eindronde teen Limpopo op Maandag 9 Desember bereik.

Die Boland-o.17- plattelandse krieketspan het die wenkbroue laat lig toe hulle in Nelspruit teen Limpopo gespeel en dié span met twee paaltjies geklop het en as Krieket Suid-Afrika se beste o.17- plattelandse span aangewys is. Die span het die krieketweek onoorwonne afgesluit.

Die toernooi het met T20-wedstryde begin, maar op die laaste dag is dit na ‘n 50-beurt-formaat verander. Limpopo het besluit om eerste te kolf, maar Boland se akkurate boulwerk het vroeë druk veroorsaak. Limpopo het met sy telling van 22/6 in 10 boulbeurte gesteier en Boland se veldwerk het verdere uitlope afgedwing.

Adriaan Krynauw het met sy eerste bal in die 41ste boulbeurt Dumisani Negwenya skoongeboul, terwyl Bryan Cochrane 2/19 in tien boulbeurte geneem het. Therenzo Jacobs het die middelorde met 2/15 onderdruk. Limpopo het effense weerstand gebied – Luhan Drotskie het 24 lopies van 46 balle aangeteken.

Daniel Adonis het met sy onoorwonne 39 van 87 balle as anker opgetree – ‘n toonbeeld van groot wedstrydtemperament. Tiaan Haasbroek se 4/10 en AJ Galloway se 2/22 het Boland gehelp om 74/8 in 26,5 boulbeurte te bereik en die titel met twee paaltjies te wen.

Die vreugde was duidelik sigbaar toe Leon Coetzee, die toernooidirekteur, die trofee oorhandig. Die o.17-seuns het die week onoorwonne afgesluit – ‘n merkwaardige prestasie.

Die o.16-seuns het hul toernooi ook sterk begin en op Woensdag 10 Desember WP met 26 lopies in Wellington geklop, maar met 78 lopies teen die Titans verloor. In die wedstryd om die derde en vierde plek het hulle 166 lopies teen die Tuskers aangeteken, maar is uiteindelik met ses paaltjies op die Dal Josafat-sportveld geklop. Hulle het steeds ‘n sterk prestasie gelewer deur vierde te eindig.

Boland se o.17-krieketspan se oorwinning, en die bestendige vertonings van die o.16- meisie-en seunspanne beklemtoon die streek se diepte in jeugkrieket.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article