’n Tienermeisie (13) van Seekoevlei in Clanwilliam het Maandagoggend 27 Februarie in ’n botsing gesterf.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, het ’n voertuig wat ’n vragmotor verby gesteek het in die motor vasgery waarin die kind ’n passasier was. Die voorval het op die R364-pad tussen Clanwilliam en Graafwater plaasgevind.

Nadat die twee voertuie gebots het, het die motor waarin die meisie gereis het, die pad verlaat en gerol.

Sy is om 09:30 op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article