Bestanddele
Kanola- of olyfolie
1 ui, in dun skyfies gesny
2 eetlepels rooi kerriepasta
375 ml kannetjie (1½ koppies) ligte klappermelk
125 ml (½ koppie) hoenderaftreksel
500 g of twee hoenderborsiefilette sonder vel, in repe gesny
250 g groenbone, in lengtes van 3 cm gesny
1 groen soetrissie, in dun skywe gesny
2 skraal eiervrug (aubergine), dun skywe gesny
2 koppies wit langkorrel- of jasmynrys
1 eetlepel vissous
1 eetlepel lemmetjiesap
2 teelepels bruinsuiker
2 eetlepels gekapte vars koljander
Metode
Spuit ’n kleefvrye wok of groot braaipan met die kanola- of olyfolie en verhit.
Voeg die ui by en braai oor matige hitte vir drie minute of tot sag.
Voeg die kerriepasta by en roerbraai vir een minuut.
Roer die klappermelk en aftreksel by en bring tot kookpunt.
Voeg die hoender, bone, soetrissie en eiervrug by.
Verlaag die hitte effens en prut onbedek vir 15 minute of totdat die groente sag is en die hoender gaar is.
Roer af en toe.
Kook die rys in ’n groot kastrol met water vir sowat 12 minute of tot sag.
Voeg die vissous, sap, suiker en koljander by die kerrie, roer deur en sit voor saam met die rys.





