Die langverwagte Weskus-lugskou is terug!
Merk jul kalenders vir Vrydag 21 en Saterdag 22 Maart by die Saldanha/Vredenburg-vliegveld.
Hierdie skouspelagtige geleentheid beloof opwindende lugvertonings en baie vermaak vir lugvaart-entoesiaste, avontuursoekers en besoekers van alle ouderdomme.
“Ons is verheug om die Weskus- lugskou in 2025 terug te bring,” sê dr. Clive Coetzee, die organiseerder van die lugskou.
“Hierdie jaar verwelkom ons die dinamiese Marksmen Aerobatic Team, die Impala-vegvliegtuig, ’n T-51D Mustang en ’n reeks onvergeetlike lugvertonings en verskeidenheid aktiwiteite wat in die pragtige landskap van die Weskus plaasvind.
“Dit is ’n moet-bywoon-geleentheid vir lugvaartentoesiaste en diegene wat van adrenalienbelaaide avonture hou.”
Brian Emmenis, die lugskou-kommentator vir vanjaar, het bygevoeg:
“As jy na adrenalien-gejaagde aksie soek en ’n ongelooflike wegbreek- langnaweek wil hê, bied hierdie skouspel alles!”
As strategiese vennote is die Weskus- lugskou trots om Wesgro (bestemming- bemarkingsvennoot) sowel as die departement van toerisme aan boord te hê, wat help om die pragtige Weskus-streek te bemark en die lugskou as ’n groot gebeurtenis in die gebied te vestig.
“Ons is trots om met die Weskus-lugskou, ’n vooraanstaande geleentheid wat beide die natuurlike skoonheid en dinamiese kultuur van hierdie merkwaardige streek ten toon stel, saam te werk,” sê Wrenelle Stander, die uitvoerende hoof van Wesgro.
“Geleenthede soos hierdie is sleutel-drywers van toerisme en lok besoekers van heinde en ver. Dit dra aansienlik by tot plaaslike ekonomiese groei deur werksgeleenthede te skep, klein ondernemings te ondersteun en die sigbaarheid van die streek te bevorder,” sluit Stander af.
Wat om vanjaar te Verwag
Om ’n beter kans op gunstige weersomstandighede te verseker, is die lugskou van Oktober na Maart verskuif – Kaapstad se gewildste maand vir buitelug-aktiwiteite.. Vrydag 21 Maart: Opbougeleentheid: Die hekke open om 12:00. Geniet die valideringsvlugte vir die hoofgebeurtenis die volgende dag. Aktiwiteite sluit in ’n potjiekos-kompetisie, ’n pretpark vir kinders, ’n biertuin, ’n hommeltuigvliegpark en 4×4-demonstrasies. Moet ook nie die afstandbeheervliegtuie misloop nie.. Saterdag 22 Maart: Die hekke open om 06:00. Die hoofgebeurtenis, wat om 09:00 begin, bied meer as 20 asemrowende lugvertonings, insluitend vinnige straalvliegtuie, solo- en spanvlugte, sweeftuie, helikopters, valskermspring, hommeltuigrenne, vloot-presisie-dril- oefeninge en redding- en Casevac-demonstrasies. Tydens middagete kan besoekers die kans benut om hul gunstelingvlieëniers te ontmoet en hul brullende vliegmasjiene van nader te verken.. Besoekers kan ’n wye verskeidenheid kos- en kunsvlytstalletjies, uitstallers, ’n pretpark vir kinders, ’n bier- en jenewertuin, ’n 4×4-demonstrasiebaan, hommeltuigvliegpark en nog baie meer op albei dae geniet. Selfkamp en glans-kamp-opsies is by die geleentheid vir ’n volle langnaweek-ervaring in die Weskus beskikbaar.
Beplan vooruit!
Dit is nou die perfekte tyd om vir hierdie opwindende naweek te begin beplan. Lugskoukaartjies is ook uitstekende geskenke vir alle lugvaartliefhebbers.
Volgens die aerobatiese vertoningsvlieënier Nico le Roux is dit “een van die mooiste landskappe om my vertoning te lewer”. Nog ’n vlieënier, Ivan van der Schaar, het bygevoeg dat die Weskus-lugskou “een van die mees genotvolle lugskoue nog” is.
Kry jou kaartjies nou
“Ons het kaartjiepryse verlaag om die geleentheid meer toeganklik te maak,” sê Coetzee.
“Dit is ’n fantastiese geleentheid om ’n onvergeetlike gebeurtenis teen onoortreflike waarde te ondervind.”
Moenie hierdie geleentheid misloop om die enigste lugskou wat in 2025 in die Wes-Kaap gehou word, by te woon nie. Kyk uit vir die talle geleenthede om pryse en kaartjies in die res van Februarie en vroeg in Maart te wen.
Besoek www.westcoastairshow.co.za en teken in op hul nuusbrief om op hoogte te bly.
Kaartjies is beskikbaar by www.weskustickets.co.za.
Volg hulle gerus op sosiale media by @WestCoastSaldanhaBayAirShow en @wcoastairshow vir die jongste nuus en aankondigings.





