Die afgelope ruk is talle mense in die Weskus in die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie betrap.

Baie sal sê groot omstredenheid oor die gebruik van vuurwapens heers, maar dit verander in ‘n oogwink wanneer dit jou geliefde is wat in vuurwapen-geweld betrokke was.

Dit is nie ‘n geheim dat mense oor die land heen vuurwapens besit waarvoor wettiglik aansoek gedoen is nie – dikwels om veilig te voel in hul huise, veral in afgeleë gebiede waar polisiehulpbronne skaars is. Terwyl wetsgeshoorsame burgers die regte roete volg deur vir ‘n wapenlisensie aansoek te doen, word dit dikwels afgekeur. Terselfdertyd kan wapens vrylik op onwettige bewyse bekom word en in die verkeerde hande beland – met die doel om ander leed aan te doen.

In die Weskus die afgelope week het ‘n vrou (33) in die Vredenburg-landdroshof verskyn weens die moord op haar kêrel – met ‘n vuurwapen. Nog twee ander is ook vasgetrek – een vir roof met ‘n selfgemaakte vuurwapen en een nadat hy skote in die lug afgevuur het.

‘n Mens wonder hoeveel ander se lewens weens geweld met vuurwapens verander het.

Die polisie doen hul bes om onwettige wapens uit die strate te kry, maar wat word gedoen om te verhoed dat dit enigsins op straat beland?

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article