Toe hulle egter die werksmense gewaar, is hulle weer die gebou in. Dit is nie duidelik of dit dalk die twee is wat dit reggekry het om in ’n Nissan NP200 te vlug nie. Die bakkie is later die dag verlate in George Kerridge gekry. Die polisie is nog op dié twee se spoor.

Volgens Helfrich het polisiebeamptes, wat die winkel takties binnegegaan het, ook die sak geld wat die rowers wou gebuit het, teruggevind. Daar is ook op een vuurwapen beslag gelê.

Dié skote wat afgevuur is, is tot ver in die dorp gehoor. Werkers van sakeondernemings reg langs en oorkant Shoprite, én lede van die publiek het hierna hul selfone gegryp en video’s en foto’s van die aksie om die gebou geneem.

Die hoofstraat en die omliggende strate was Dinsdag vir ’n geruime tyd afgesper terwyl die forensiese spanne die toneel vir leidrade gefynkam het.

Die saak gaan verder deur die eenheid teen georganiseerde misdaad in die Wes-Kaap ondersoek word.

West Coast Medical Rescue het gesê hulle het verskeie Shoprite-personeellede vir skok behandel ná die traumatiese ervaring.

Volgens Helfrich sal die verdagtes in die Vredenburg-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article