Passasiers is in die veld geslinger toe ’n taxi ’n bakkie op die R27 (Weskus-pad) getref het.


’n Minibus-taxi het Dinsdagoggend teen ’n bakkie gebots wat op die skouer van die R27 tussen die Buffelsfontein-wildreservaat en die Yzerfontein-afdraai gestaan het.

Volgens sers. Johnatan Filander, woordvoerder van Darling-polisie, het die botsing omstreeks 07:30 plaasgevind.

Agt mense is ernstig beseer en vier mense is lig beseer. Nog ’n persoon, ’n vrou, is in die taxi vasgepen en moes losgesny word. Onder meer haar bene is gebreek.

Filander sê onder die beseerdes is twee swanger vroue.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article